Your Recipe Blog

NOUGAT MET CREMORA

NOUGAT MET CREMORA

Ek het die nougat probeer wat met malvalekkers en poeiermelk gemaak word, en ek moet bylas dat dit ‘n wenner is.

  • 30 g botter
  • 180 g malvalekkers
  • 120 g poeiermelk (Cremora)
  • neute, gedroogte vrugte, Oreo koekies, optioneel

Smelt botter in ‘n pan en voeg dan die malvalekkers by, smelt die malvalekker goed en voeg die poeiermelk by.
Roer vinnig deur. Voeg nou enige lekkerny by, ek het neute en gedroogte vrugte met gebreekte Oreo koekies ingesit. (hoeveelheid na smaak) Meng goed deur.
Druk die mengsel in ‘n gesmeerde pan vas, maak gelyk en laat effe afkoel. Sny soos verlang. Yummies!

Resep en foto: Elizabeth Haupt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page