Your Recipe Blog

NOORSDORINGS

NOORSDORINGS

  • Deeg:
  • 750 g botter by kamertemperatuur
  • 1 pak (500 g) versiersuiker
  • 4 ekstra groot eiers
  • 15 ml vanilla
  • 1,5 kg bruismeel
  • 2 ml sout

Room botter en suiker en voeg eiers een-een by.
Voeg geursel by.
Meng bruismeel en sout by en knie liggies tot sagte deeg.
Plaas deur ster vorm van vleismeul.
Bak by 180°C net tot dit verbruin. (So 12 minute)
Sit die koekies twee-twee opmekaar met versiersuiker.

  • Versiersel:
  • 125 g margarien
  • 1 koppie suiker
  • 80 ml melk
  • 5 ml vanielje geursel
  • 1 teelepel gliserien

Meng alles saam, buiten die gliserien.  Plaas op stoof. Moenie roer nie. Bring tot kookpunt.
Wanneer dit kook, haal van hitte af en klop met draadklitser, sit gliserien by en klop tot koud en dik.
Smeer tussen koekies.

Resep ingestuur deur Marietha van der Merwe van Murraysburg
Foto en versiersel resep:  Amanda de Wet

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5