Your Recipe Blog

NONNIE SE SPAGHETTI MET TAMATIE EN UIE

NONNIE SE SPAGHETTI MET TAMATIE EN UIE

Kook 500 g pasta (enige soort) so sag soos jy daarvan hou volgens die instruksies op die verpakking. Hou eenkant.

  • 1 kg tamaties
  • 2 gekapte uie
  • olie vir braai
  • 1 teelepel kerrie
  • sout en peper
  • 125 ml wit asyn
  • 250 ml suiker
  • 1 koppie Mayonnaise

Rasper die tamaties en hou eenkant. (as jy rasper bly die skil in jou hand agter)
Braai die gekapte uie in olie tot sag.
Voeg die tamatie en res van die bestanddele by en meng deur.
Kook tot gaar maar nie te lank dat al die vloeistof verdamp nie.
Voeg die Mayonnaise by, meng deur en kook net vinnig deur.
Meng die tamatiemengsel met die pasta, laat net weer deurkook dat alles goed warm is en bottel warm.

Nota:
Bêre in die yskas nadat dit oopgemaak is.

Resep en 1ste foto: Nonnie Erasmus
2de foto: Rina Kleinhans – Ek het die tamaties, net die helfte gebruik en die res met tamatiesous vervang, ek het ook ‘n goeie skeut “sweet chilli sous” bygesit vir so effense byt en so bietjie borrie vir kleur, daarom is myne sommer heelwat rooier as die oorspronklike resep maar nog net so lekker. Probeer dit gerus, dan is daar altyd iets in die kas/yskas vir die honger kinders. 🙂

One Review

  1. Marlize Verreynne

    Dit is heerlik, baie dankie vir die deel van die resep ☺

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page