NOEM NOEM COULIS EN KONFYT
Ek het die naweek bietjie met Noem Noem’s (Amatungulu or Num Num) gespeel en was so verbaas oor die resultate. Eersten die mooiste kleur, en heerlike aroma wanneer dit kook het my verbaas.
Die smaak is effens frank, maar omdat ek nerens regtig kon resepte kry nie, het ek maar so gevoel -voel, en eers ‘n coulis gemaak, en daarna ‘n konfyt. Daar is geen pektien of bitter min in Noem Noems, so ek het maar ‘n lang pad gevat om eerstens te sien wat dit oplewer.
Die coulis het ek gebottel, en gaan dit gebruik om saam met kaaskoek of ryk koek of tert gebruik. Die soet-suur frank smakie voel ek moet saam met iets bedien word wat ryk en lekker is.
Die konfyt lyk soos die konfyt wat ons altyd in die koshuis gekry het (mixed berry), maar glo my die smaak is baie uniek en heerlik.
- NOEM NOEM COULIS
- 500 g Noem noems
- 2 Granny Smith appels
- 1 Clemintine of nartjie met skil en al
- 500 g suiker
- 400 ml water
- 30 ml suurlemoensap
Was al die vrugte goed af.
Verwyder die bo en onderkante van die noem noems en sny dit middeldeur, skil en pitte saam.
Skil die appels en verwyder die pitte, sny in blokkies.
Sny die nartjie skil en al op in dun skywe.
Plaas die vrugte en water in ‘n pot op die stoof en kook tot alles lekker sag is. Maak fyn met ‘n “stick blender”.
Voeg die suiker en suurlemoensap by en sit terug op die stoof, draai die stoof op lae hitte en roer totdat die suiker heeltemal opgelos is. Draai die stoof op medium hitte en kook die mengsel vir ongeveer ‘n uur. Roer gereeld. Draai die hitte af en laat die mengsel heelwat afkoel, voordat jy die mengsel deur ‘n sif vryf om al die skille en pitte te verwyder.
Voeg die suiker en suurlemoensap by en sit terug op die stoof, draai die stoof op lae hitte en roer totdat die suiker heeltemal opgelos is. Draai die stoof op medium hitte en kook die mengsel vir ongeveer ‘n uur. Roer gereeld. Draai die hitte af en laat die mengsel heelwat afkoel, voordat jy die mengsel deur ‘n sif vryf om al die skille en pitte te verwyder.
Sit die mengsel terug op die stoof en verhit net tot kook, bottel in skoon gesteriliseerde bottels, seël dadelik.
Gebruik soos verkies saam met heerlike kaaskoek of enige ryk nagereg bv roomys.
- NOEM NOEMKONFYT Hierdie hoeveelheid lewer ongeveer 300 ml konfyt
- 1 koppies van die noem noem Coulis
- 1 koppie suiker
- 60 ml water
- 30 ml suurlemoensap
Kook die water en suiker stadig op die stoof totdat die suiker heeltemal opgelos is.
Plaas ‘n piering in die vrieskas sodat jy jou konfyt kan toets.
Voeg die coulis en suurlemoensap by en kook vinnig vir ongeveer 15 min of tot die konfyt reg toets op die koue piering.
Bottel in voorbereide bottels en seël dadelik.
Geniet saam met heerlike vars gebakte brood of soos verkies.
Resep en foto’s: Rina Kleinhans
Category: