Your Recipe Blog

NOELENE SE BEESVLEIS EN GROENTEBREDIE

NOELENE SE BEESVLEIS EN GROENTEBREDIE

Resep en foto: Noelene Rutledge Saal
Gisteraand se heerlike beesvleis en groente bredie gemaak deur my seun…was nou liplek lekker.

  • 1 kg beesvleis
  • 1 ui gekerf
  • 2 tamaties opgesny
  • 6 klein aartappels (halveer)
  • 400 g pakkie PNP Mixed Vegetables Express
  • 1 pakkie Country Hot Pot Dry Cook In Sauce
  • sout en peper na smaak
  • koekmeel om vleis in te rol
  • Rol vleis in meel en braai bruin in ‘n verhitte pot met bietjie olie in. Haal vleis uit die pot en soteer ui tot sag in dieselfde pot.
  • Voeg die tamaties by en roerbraai dit goed.
  • Plaas vleis terug in pot en laat kook tot sag, voeg deurentyd bietjies water by. Voeg nou die aartappels, wortels en groenbone by en kook tot ferm, voeg dan die murgpampoentjies en brokkoli by.
  • Voeg nou die Country HotPot en sout en peper by en verlaag hitte en laat prut verder tot groente sag maar ferm is.
  • Bedien met wit rys.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page