Your Recipe Blog

“NO FUSS” GEVULDE HOENDERKERRIE PANNEKOEK

“NO FUSS” GEVULDE HOENDERKERRIE PANNEKOEK

  • 4 hoenderborsies
  • 1 ui, fyn gekap
  • 1 teelepel gekapte knoffel
  • 1 hoenderaftreksel blokkie
  • 1 teelepel hoender speserye
  • 1 teelepel gemengde kruie
  • 1 blikkie koo gemengde groente in Durban kerriesous
  • 2 aartappels, in klein blokkies
  • 1 teelepel Maizena, opsioneel
  • sout en peper, na smaak

Sny borsies in kleiner stukke, stoom in drukkoker (elektries) vir 25 minute met alle bestanddele behalwe aartappels en gemengde groente.
Maak hoender fyn. Sny aartappels in klein blokkies, voeg by saam met blikkie gemengde groente. Stoom nog 12 minute, as sous te dun is voeg Maizena aangemaak met bietjie water by , en kook deur om dikker te maak.

  • Pannekoek:
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 eiers
  • 1 plat teelepel bakpoeier
  • 3 koppies water
  • knippie sout

Meng al die bestanddele tot gladde beslag en bak pannekoeke in ‘n warm pan wat met olie gesmeer is.

  • Kaassous:
  • 2 eetlepels botter
  • 1,5 eetlepel koekmeel
  • 400 ml melk
  • 1,5 koppie gerasperde kaas

Smelt botter in mikrogolf en voeg koekmeel by om glade mengsel te maak.
Voeg melk by, mikrogolf  1 minuut op ‘n slag vir 3 – 4 minute, kyk dat dit nie oorkook nie en roer gereeld. Maak seker die sous is glad en sonder klonte.
Wanneer die sous gereed is, meng die kaas by en roer tot gesmelt.
Voeg sout en peper by na smaak.

Plaas die pannekoek op ‘n opdien bord, sit van die hoendermengsel in die middel van die pannekoek en vou die pannekoek toe.  Skep van die kaassous bo-op die pannekoek.
Strooi bietjie rooipeper oor en bedien.

Resep en foto: Melissa Barnard

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5