Your Recipe Blog

NIKKI SE KASERIGE “SPUTNIKS”

NIKKI SE KASERIGE “SPUTNIKS”

  • Deeg:
  • 2 koppies koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 2 eiers
  • 1 teelepel sout
  • peper
  • 2 koppies melk (of pas aan soos nodig vir ‘n slapperige deeg maar nie te slap nie)
  • Ekstra:
  • kaas worsies “cheese grillers”
  • velletjies kaas
  • sosatie stokkies
  • olie vir diep braai

Sit worsies op sosatie stokkie en sit ‘n velletjie kaas om elke worsie, (sien Foto) (Ekt Parmalat se velletjies kaas gebruik)
Vries so 20 min vir kaas om lekker te klou.
Meng die deeg bestanddele.
Sit ‘n groterige pot op die stoof met genoeg olie vir diep braai, laat die olie meduim warm word.
Haal die worsies uit die vrieskas en doop in die deeg.
Sit in warm olie vir paar minute tot bruin.

Note:
Olie moet nie te warm wees nie dan word die worsies te donker.
Ek gebruik sommer ‘n lang glas om deeg in te sit dan bedek dit die hele worsie.
Bedien netso of met tamatiesous of mosterd om in te doop.

Resep en foto: Nikki Coetzee

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page