Your Recipe Blog

NIERTJIE EN SKAAPVLEISPASTEI

NIERTJIE EN SKAAPVLEISPASTEI

  • 500 g skaapvleis in blokkies gesny
  • 8 skaapniertjies skoongemaak ( buisies uitgesny )
  • 1 rooi rissie opgekerf
  • 1 brandrissie opgekerf
  • 1 groot ui geskil en opgesny
  • 1/4 teelepels paprika
  • 1 eetlepel komyn
  • 1 teelepel koljander
  • 3 eetlepels tamatiepasta
  • 2 eetlepels balsamiese asyn
  • 1 eetlelepels bruinsuiker
  • 2 eetlepels gekapte knoffel (crushed garlic)
  • 2 eetlepels blatjang
  • 1 eier geklits
  • 2 rolle skilferkors deeg

Kook die vleis en uie tot sag met ‘n sousie, voeg dan niertjies by asook die rooi soet rissie en brandrissie.
Voeg sout en peper by na smaak.
Voeg nou al die ander bestanddele by behalwe die eier.
Kook lekker deur.
Rol die deeg effens uit en voer ‘n gesmeerde oondbak daarmee uit.
Plaas die vulsel in die bak en sit dan die ander laag deeg bo op en knyp die rante met ‘n vurk toe.
Smeer die eier met ‘n kwassie aan die boonste deeglaag en steek twee gaatjies in die boonste laag.
Bak in ‘n voorverhitte oond op 200 ºC vir +- 50 min tot die deeg mooi gaar en bruin is.

Resep en Foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page