NIERTJIE- EN LAMSVLEISPASTEI
Ek’t drie niertjies en ‘n paar stukkies afval-lamsvleis innie vrieskas raakgeloop en vir my ‘n pastei gebou.
- 3 lamsniertjies, skoongemaak en opgesny
- 300 g stukkies lamsvleis
- 1 ui, gekerf en gesoteer
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel peper
- ½ teelepel rissievlokkies
- ½ pakkie bruin uiesoppoeier, gemeng met ‘n bietjie water
- 1 rol skilferkorsdeeg, effe uitgerol
Meng die vleise saam en giet ‘n bietjie water en asyn bo-oor die vleis.
Plaas die vleismengsel oornag in die koelkas.
Dreineer die vleis en kook die vleis, sonder enige water, in ‘n pot op die stoof vir omtrent ‘n halfuur of tot die vog effe weggekook het.
Voeg die uie en speserye by, meng deur en plaas eenkant tot afgekoel.
Voeg die soppoeier by en meng deur.
Plaas bakpapier op ‘n bakplaat en plaas die deeg op die papier sodat een helfte op die pan en die ander helfte langs die pan lê.
Skep die afgekoelde vleismengsel op die deeg, wat op die pan lê, in die middel op ‘n hopie en vou die ander helfte van die deeg oor die vulsel.
Druk die rante vas met ‘n vurk en smeer die deeg met ‘n bietjie melk.
Druk ‘n paar gaatjies bo-op, in die deeg, met ‘n skerp mespunt.
Bak die pastei in ‘n voorverhitte oond teen 200ºC vir 25 minute.
Dittt was baaaie lekker en ek dink nie ek sal dit weeer so lekker kan makie.
Resep en foto: Gideon Louw