NICOLETTE SE LASAGNE
- 1 kg maalvleis
- 3 pakkies tamatiepaste
- 3 pakkies witsous (gebruik ook soms tuisgemaakte)
- 2 pakkies sampioensous
- “crushed garlic” na smaak
- maalvleis of enige vleis speserye, na smaak
- sout na smaak
- Ina Paarman se pasta speserye
- 1 pak taglateli (ek gebruik die spinasie een)
- gerasperde Cheddar en Gouda kaas, gemeng
Braai die maalvleis in ‘n swaarboompot tot amper gaar (kan uie byvoeg indien jy verkies). Voeg speserye en tamatiepaste by.
In ‘n ander pot kook die taglateli in sout water soos op die pak aangedui. (moenie langer as 2 min kook nie)
Dreineer die taglateli en voeg by maalvleis mengsel en roer alles lekker deur. Maak die pakkies sampioensous aan en hou eenkant.
Skep die helfte van bogenoemde maalvleis/taglateli mengsel in ‘n oondvaste bak en gooi die sampioensous oor. Sprei die sous met ‘n lepel uit sodat die vleismengsel bedek is.
Skep die oorblywende vleismengsel bo-op die sampioensous.
Maak die pakkies witsous aan en skep oor vleismengsel en sprei die sous uit sodat alles bedek is. Die boonste laag sous moet lekker dik wees.
Sprinkel Ina Paarman’s se pasta speserye oor.
Bedek met ‘n lekker dik laag kaas.
Bak teen 180°C vir 30 min.
Nota:
As mense onthaal met die lasagne, bak dit vooraf en laat dit staan sodat die lasagne lekker “set” en warm dit net in die oond teen 100°C op vir so 20 – 30 min.
Lekker eet!
Resep en foto: Nicolette Du Toit