Your Recipe Blog

NICOLENE SE VRUGTEKOEK

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 2 x 23 cm koeke

NICOLENE SE VRUGTEKOEK

Foto en resep: Nicolene Mynhardt Steyn
OK so hier is wat ek gedoen het.

  • Vrugtemengsel (Kook die volgende vir 20 minute op matige hitte)
  • 1 kg “luxury cake mix” (met kersies en neute)
  • 2,5 k suiker
  • 4 koppies water
  • 1 koppie Stork
  • Voeg dan by en laat afkoel:
  • 2 teelepels koeksoda
  • 250 g dadels, gekerf
  • 1 koppie sitrus skil
  • Voeg by:
  • 4 eiers, geklits
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • Meng eenkant:
  • 4 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 2 gehoopte teelepels kakao
  • 2 teelepels kaneel
  • Voeg die meelmengsel in 3 dele by die vrugte en meng goed na elke byvoeging.
  • Deel mengsel in 2 x 23 cm koekpanne. Die koek rys nogal, so moenie te vlak panne gebruik nie.
  • Bak op 150°C vir 1 uur 45 min tot 2 ure. Pasop vir brand.
  • Notas:
  • My panne het glas bodems, so die koek het effe gebrand onder.
  • Ek het lemoen stroop van ‘n vorige resep warm gemaak en oor die 1 koek gegooi toe dit uit die oond kom. Die koek op foto het die stroop oor. Die gesnyde stuk is die koek sonder die stroop.
  • Ek dink nie mens kan regtig verkeerd gaan met vrugtekoek nie. Dit bly hemels.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page