NICOLENE SE VRUGTEKOEK
OK so hier is wat ek gedoen het.
- Vrugtemengsel (Kook die volgende vir 20 minute op matige hitte)
- 1 kg “luxury cake mix” (met kersies en neute)
- 2,5 k suiker
- 4 koppies water
- 1 koppie Stork
- Voeg dan by en laat afkoel:
- 2 teelepels koeksoda
- 250 g dadels, gekerf
- 1 koppie sitrus skil
- Voeg by:
- 4 eiers, geklits
- 2 teelepels vanilla geursel
- Meng eenkant:
- 4 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- 2 gehoopte teelepels kakao
- 2 teelepels kaneel
Voeg die meelmengsel in 3 dele by die vrugte en meng goed na elke byvoeging.
Deel mengsel in 2 x 23 cm koekpanne. Die koek rys nogal, so moenie te vlak panne gebruik nie.
Bak op 150°C vir 1 uur 45 min tot 2 ure. Pasop vir brand.
Notas:
My panne het glas bodems, so die koek het effe gebrand onder.
Ek het lemoen stroop van ‘n vorige resep warm gemaak en oor die 1 koek gegooi toe dit uit die oond kom. Die koek op foto het die stroop oor. Die gesnyde stuk is die koek sonder die stroop.
Ek dink nie mens kan regtig verkeerd gaan met vrugtekoek nie. Dit bly hemels.
Foto en resep: Nicolene Mynhardt Steyn