Your Recipe Blog

NICO SE PANNEKOEK

Recipe by
| Servings: lewer so 25 pannekoeke

NICO SE PANNEKOEK

As dit reën moet mens pannekoek bak.
Net so iets oor die resep. In 1961 het my ma-hulle se kerk afgestig en ‘n nuwe kerk is gebou. My ma het altyd pannekoek op die basaar gebak. Daar is al gespot en gesê die kerk is met pannekoek geld betaal. So die resep is nou so 60+ jaar in die familie en ek, my broer en suster gebruik nog steeds die resep. Ek bak ook nog met haar panne wat sy altyd gebruik het.
  • 4 koppies koekmeel
  • 4 eiers
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 koppie olie
  • 2 eetlepels asyn, verkieslik witasyn
  • 1 teelepel sout
  • ± 750 ml water

Sif die meel en die sout saam.
Klits die eiers, olie en asyn saam.
Voeg die eiermengsel by die meel, meng goed en begin water byvoeg terwyl jy klits.
Voeg water by tot ‘n slap deeg.
Baie belangrik: Voeg bakpoeier laaste by!!!
Gebruik water na eie oordeel.
Ek gebruik so 40 – 50 ml deeg op ‘n keer in my pan.
Voor ek begin bak, spuit ek my pan “spray en cook” met ‘n klein bietjie olie en nie weer nie. Sorg dat die pan lekker warm is.
Ek bak net op ‘n gasstoof.

Foto en resep : Nico Holtzkamp

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page