Your Recipe Blog

NICO SE KERRIE BLOMKOOLSOP

NICO SE KERRIE BLOMKOOLSOP

Lekker en vinnig om te maak vir onverwagse koue aande.

  • 1 kop blomkool
  • 3 groot aartappels, in kwarte gesny
  • 1 gekapte ui
  • 2 teelepels fyn knoffel
  • 5 stokke gekerfde seldery
  • 1 teelepel sout
  • 3 teelepels kerrie
  • 1 teelepel borrie
  • ½ teelepel rooipeper
  • 3 lourierblare
  • 1 pakkie wit uiesoppoeier
  • 2 koppies melk

Braai uie liggies tot ligbruin in pot.
Vul pot met water, sout en aartappels en kook vir 30 minute.
Maak die soppoeier aan en voeg saam met die blomkool en al die ander bestanddele by en kook stadig vir 30 minute.
Haal lourierblare uit en maak die sop fyn na keuse.
Indien die sop te slap is, verdik met eetlepel koekmeel opgelos in bietjie water, voeg by en kook vir nog 5 minute.
Proe vir sout en peper en verander na smaak.
Kan bedien word met bietjie vars room of Worcestersous bedrup na inskep.

Resep en foto deur Nico Conradie

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page