Your Recipe Blog

“NEW YORK STYLE” KAASKOEK

“NEW YORK STYLE” KAASKOEK

Na ek omtrent 4 verskillende weergawes van New York Style kaaskoek probeer het, is die my wenner keuse: Gebruik ‘n 22 cm losboom pan ( springform).

  • Kors: (Meng, druk vas en sit in yskas terwyl vulsel gemaak word)
  • 1 pak koekies (Tennis, Marie koekies met bietjie kaneel/gemmer/nutmeg/cardamom, gemmerkoekies of “Digestive biscuits” het ek al almal met groot sukses gebruik)
  • 125 ml botter (ek begin met so 90 ml en toets eers tekstuur en voeg dan by tot tevrede)
  • Vulsel:
  • 3 x 230 g roomkaas (ek maak dit sommer 700/750 g – ek gebruik tuisgemaakte roomkaas)
  • 180 ml suurroom, self gemaak
  • 3 eiers
  • 1 eiergeel extra
  • 1.5 koppie strooisuiker (ek gebruik net so bietjie meer as ‘n koppie)
  • 8 ml vanilla geursel

Klits vulsel bestanddele saam tot glad. Skep oor koekies. Bak by 160°C vir so 50 min en by 120°C vir nog 30 min (dit wissel maar van oond tot oond). Myne is gas. Wanneer klaar, sit oond af en los vir 40 minute tot ‘n uur net so met deur toe. Maak dan deur effe oop vir nog ‘n uur of so. Haal dan uit om buite verder af te koel.

Ek maak met foelie toe en sit in yskas tot volgende oggend!! Bedien met ganache, bessies of netso PLEIN is my gunsteling.

Notas:
“Springform” pannetjie met bakpapier uitvoer maak wêreldse verskil, ek bak ook in ‘waterbad’. Sit foelie buite om pan, ek doen sommer 3 lae, en in oondbak met lou water. Maak wêreldse verskil aan eindproduk.

Eerste foto: Waterbad kry so mooi gladde eindproduk.
Tweede foto: Hierdie is sonder waterbad.
Derde foto: selfde resep, mini kaaskoekies gebak.

Resep en foto’s: Carmari Fourie Strobos

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page