NEUTERIGE KORINGMEELBESKUIT (“NUTTY WHEAT RUSKS”)
- Meng die volgende saam:
- 500 g margarien, gesmelt
- 500 ml karringmelk
- 2 eiers
- 10 ml asyn
- Meng die droë bestanddele saam:
- 5 koppies koekmeel
- 3 koppies nuttywheat
- 2 koppies suiker
- 6 stafies wheatbix – gebreek
- 10 ml sout
- 50 ml bakpoeier
- 10 ml koeksoda
Meng die nat- en droë bestanddele goed saam. Die deeg sal taai wees.
Skep die deeg in gesmeerde panne. Druk goed plat sodat dit halfvol in die beskuitpanne is.
Druk die snyers in die deeg en haal uit.
Bak die beskuit teen 180ºC vir 30 tot 40 min of tot gaar toets.
Sny of breek in beskuite, pak op oond rakkies en droog uit.
Die resep lewer een en ‘n halwe panne deeg. Pan grootte 40 cm x 35 cm.
Resep en foto: Zorana Geldenhuys