NEUTERIGE KORINGMEELBESKUIT MET VARIASIE
Resep en foto: Leonie Janse van Rensburg
Perfek vir die drukkerpanne.
- 500 g koekmeel
- 500 g “Nutty wheat”
- 50 ml bakpoeier
- 150 g suiker
- 500 ml karringmelk
- 500 g Stork Bake margarien
- Extra:
- 100 g gemengde gekapte neute
- 250 ml muesli
- 100 g “choc chips”
- 100 g sitrusskil
- Smelt die margarien en meng met die karringmelk.
- Voeg die droë bestanddele by en meng goed.
- Skep die deeg in die voorbereide pan. (Ek gebruik ‘n plat beskuit pan, sny voor jy bak)
- Bak teen 180ºC vir 50 tot 60 min.
- Sny weer indien nodig en droog uit.
- Nota: Ek voeg sade / neute / sultanas / klapper of wat ek ookal voor lus is by.
- Ander idee:
- 250 ml cranberries
- 100 g gemengde gekapte neute
- handvol of meer pampoenpitte
- 125 ml tot 250 ml muesli
Category:

