NELLA SE SKUIMPIES (MERINGUES)
Hierdie een is ‘n TREFFER… ek maak dit gereeld.
Ek gee enkel beslag, maar jy kan vermeerder soos nodig – maar glo my, dit maak heelwat.
- 1 groot eierwit
- 1 koppie strooisuiker
- 30 ml kookwater
- 15 ml asyn
- 2 ml bakpoeier
Plaas alles, behalwe bakpoeier in mengbak.
Klits totdat stywe punte vorm. Onthou: dit lyk taai.
Vou bakpoeier en kleursel met metaal lepel in.
Spuit ‘n oond pan met Spray and Cook en voer uit met bakpapier.
Gebruik versierspuit om vorms te maak of skep op bakpapier soos verkies: groot of klein skuimpies.
Nota:
Dit rys omtrent 2 maal die grootte.
Bak 1 en half uur op 100°C.
Jy kan wanneer die lug baie vogtig is dit in die oond laat afkoel.
Resep: Nella Rossouw, aangepas deur Rina Kleinhans
Foto: Diane Roode Hancox
Hierdie resep is altyd ‘n sukses 🙂