Your Recipe Blog

NELIZE SE MAYONNAISE HOENDER

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minute | Servings: 3-4 porsies

NELIZE SE MAYONNAISE HOENDER

  • 6 hoender porsies (ek gebruik dye)
  • 1 ui, fyn gekap of in ringe
  • Meng die volgende saam:
  • 1 koppie mayonnaise
  • 2 eetlepels FLIPPEN LEKKA Spice
  • 3 eetlepels blatjang of appelkooskonfyt
  • 1 teelepel knoffelvlokkies
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • peper na smaak

Geen water nie of vloeistof nie – die hoender het genoeg vog in.
Pak die hoenderstukke in ‘n oondbak en smeer die dik mayonnaisemengsel bo-op die hoenderstukke.
Sny die ui fyn of in ringe en sit bo-op die sous.
Bak in die oond by 180°C – onbedek vir ongeveer 1 uur of tot hoender sag is en die sous dik is.
Bedien met bruinrys en slaai!

Resep en foto: Nelize Kruger

One Review

  1. pieter

    Nice i make it every Sunday

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page