NEKTARIENS IN STROOP
“Ek het n boks vol wit baie stywe nektariens gekry. Wat maak ek met dit, wonder ek.
Nou gaan ek paar bottels van die nektariens inlê in flessies, hoe lank die raklewe gaan wees weet ek nie. Hier is eind reseltaat. Dit smaak heerlik.”
- 4 stywe nektariens, gehalveer, ontpit en ongeskil
- ½ koppie suiker
- 1 koppie water
Kook die suiker en die water.
Dompel die perskes in die kokende stroop en kook tot amper sag.
Indien stroop min raak, vul die stroop aan met dieselfde gelyste hoeveelhede.
Geniet net so of bottel in gesteriliseerde bottels indien jy baie persskes het.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk