NEIL SE BABASPINASIE- EN AVOKADOSLAAI
- 100 g babaspinasie
- 2 ryp avokado’s, in blokkies gesny
- 1 klein rooi-ui, in ringe gesny
- 2 suurlemoene se gerasperde skil en sap
- 15 ml olyfolie
- sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
Plaas die spinasie, avokado en uiering op ‘n mooi slaaibord.
Meng die res van die bestanddele saam en sprinkel oor die slaai, roer lekker deur en geniet.
Resep en foto: Nanette Malan
Category: