Your Recipe Blog

NEBRASKA KOOLSLAAI

Recipe by
| Servings: 4 - 6 porsies

NEBRASKA KOOLSLAAI

Ek het hierdie resep lang terug in een van my kookboeke opgespoor en maak dit gereeld wanneer ons braai. Ek het die resep gewysig na gelang van wat ek in my koskas aanhou. Dit is bitter lekker, probeer dit gerus.

  • Slaai:
  • ½ koolkop, baie dun skywe gekerf
  • 1 medium rooi ui, baie dun skywe gesny
  • 1 pak “two-minute-noodles”
  • 1 ½ koppie kookwater
  • 100 g amandel vlokkies of grof gekapte heel amandels
  • 30 ml sojasous
  • growwe swartpeper na smaak
  • gekapte sprietuie, grasuie of basiliekruid, vir garnering
  • Sous:
  • 90 ml olyfolie
  • 90 ml canola olie
  • 90 ml druiwasyn of bruinasyn
  • 60 ml witsuiker
  • 30 ml lemoensapkonsentraat
  • 15 ml gerasperde lemoen of suurlemoen skil
  • 5 ml droë mosterdpoeier

Braai die amandels in ‘n warm pan of onder die rooster element van die oond tot ligbruin, roer gereeld om te verhoed dat die neute brand, verwyder van die hitte en plaas eenkant om af te koel.
Breek die koekie noedels middeldeur en plaas in ‘n bak, giet die kookwater oor die noedels en laat staan totdat die noedels net sag is (al dente), ongeveer 5 – 10 minute en dreineer die water deur ‘n sif.
Meng die fyn kool, rooi uie, noedels, geroosterde amandels, swartpeper en sojasous saam en roer liggies deur met 2 vurke.
Meng die bestanddele vir die sous saam in ‘n mengbakkie en roer deur.
Giet die sous oor die koolslaai, meng liggies deur, en garneer met die gekapte kruie van jou keuse.

Nota:
Gebruik ½ en ½ pers kool en gewone kool, die kleure werk pragtig saam.
Hierdie slaai kan as ‘n gereg op sy eie geniet word, of saam met enige vleisgereg, ons het dit saam met braai hoender geniet.
Dit is ook heerlik saam met roerbraai hoender of steak.

Resep en foto: Marlene Potgieter

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page