Your Recipe Blog

NATASHA SE TUISGEMAAKTE PASTA

NATASHA SE TUISGEMAAKTE PASTA

Ek gebruik my Phillips pastamasjien om pasta te maak.
  • Gewone pasta:
  • 200 g koekmeel
  • 1 eier, geweeg en voeg genoeg vloeistof by om 80 g te maak

Meng bogenoemde saam tot ‘n pastadeeg en gebruik dan met pastamasjien volgens aanwysings.

  • Spinasiesap: 
  • 1 bossie spinasie
  • ½ koppie yswater

Kap en blansjeer die spinasie tot net verlep en doop in yswater sodat dit mooi groen bly.
Plaas die spinasie in ‘n menger met die ½ koppie yswater en meng tot lekker glad.

  • Spinasie pasta:
  • 200 g koekmeel
  • 1 eier, geweeg en voeg spinasie sap by tot 85 g

Meng bogenoemde saam tot ‘n pastadeeg en gebruik dan met pastamasjien volgens aanwysings.

Resep en foto: Natacha Visagie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page