NARTJIE EN APPELMARMELADE
Dis ‘n resepie uit 85 landbouweekblad. Ek gaan probeer vir julle plaas.
- 2 groot naartjies
- 4 Granny Smith appels
- sap van 2 suurlemoene
- 7 koppies suiker
- 10 koppies water
Skil vrugte en sit skille in ‘n moeselien doekie.
Sny naartjies fyn en sit pitte ook in doekie in.
Rasper appels grof.
Giet water en vrugte in ‘n pot en kook half uur saam met die skille in die pot.
Haal die doekie uit en hang die doekie oor pot se kant dat al die pektien uitdrup. Sit neer met deksel op deur die nag.
Voeg die suiker die volgende oggend by, roer deur, kook stadig tot die suiker opgelos is en kook dan konfyt so ongeveer 3 ure.
Bottel warm.
Nota:
Ek kook die resep al baie jare maar dalk is iemand lus om ook my ouma se tip te probeer.
Kook ‘n halwe suurlemoen, pitte verwyder en skil skoon geskrop saam konfyt vir so lang ruk dit maak jou konfyt mooi styf.
Ek kook sommer heeltyd en dan boost ek my suiker met daai deur stroopte halwe suurlemoene.
Ek maak dubbel hoeveelheid en kry so 10 heuning botteltjies.
Resep geplaas deur Magda De Koker
Foto: Magda De Koker