NAMIBWOESTYN SLAAI IN BOTTELTJIES
Elke gas het sy eie botteltjie slaai by ete of braai, iets anders vir ‘n slag. Die slaai kan tot vier dae in yskas gehou word.
- 1 kropslaai in stukkies geskeur (ek verkies Woolworths se Butter Lettuce)
- fyn gesnyde grasuie na smaak
- 2 koppies gevriesde ertjies (nie nodig om gaar te maak)
- 2 pakkies spek, in blokkies gesny en gebraai
- 6 eiers, hardgekook en fyn gedruk
- Mayonnaise (ek gebruik net B-well Canola Mayonnaise, die donker blou bottel)
- cheddarkaas, gerasper
- granaatpitte (opsioneel)
Pak al die bestanddele in dieselfde volgorde in individule glasbottels of glasbak.
Moenie meng nie. Dit moet lae vorm wat deur glas gesien kan word.
Skep die Mayonnaise oor sodat dit die slaai bedek. Strooi gerasperde kaas oor. Draai die deksels op.
Plaas in yskas vir sowat 5 ure of verkieslik oornag.
Nota:
Slaai is veral lekker as dit rukkie gestaan het en kan vir sowat vier dae in yskas gehou word.
Vir kleur kan so paar rooi granaatpitte bygevoeg word.
Resep en foto: Jessie Vermeulen
Klink heerlik en n uitstekende idee. Ek gaan dit v my man se 70 ste verjaarsdag bedien