Your Recipe Blog

NAMIBLAMSKERRIE

NAMIBLAMSKERRIE

Opgedien met koring en ‘n mengselslaai.

  • 1 kg blokkies lamsvleis- of skaapboudblokkies
  • 2 eetlepels olyfolie, botter, of uitgebraaide skaapvet
  • 1 eetlepel sout
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • 1 teelepel peper
  • 1 eetlepel selfgemengde kerriemengsel *
  • 2 – 3 lourierblare
  • 1 groot ui
  • 1 groot aartappel
  • 500 g gekerfde groenbone
  • 1 medium tamatie
  • 50 ml vars room

Plaas die olie in die pot, pak die gekerfde uie in die pot en skep die vleis op die uie. Kook tot alles begin braai en roer ‘n paar keer deur. Voeg nou die suurlemoensap en die res van die kruie en speserye by.
Voeg 2 koppies water by en kook stadig totdat die vleis sag is. Wanneer die vleis sag is, voeg die groenbone, aartappelblokkies en die tamatie by. Voeg water by soos nodig.
Kook stadig tot die aartappels sag is. EN DAN… wanneer alles gereed en sag is, word die room eers bygevoeg en net deurgeroer. Die room moenie saamkook nie.
Bedien die kerrie met stampkoring en ‘n mengelslaai van tamatie, uie, avokado, seldery, en rooi spinasieblare.

Kerriemengsel:
Ek meng 1 pakkie medium kerrie, met 1 pakkie Garum/ of enige Masala, mens kry daai pakkie van PAKO MSALA,  en 1 teelepel borrie daarby.

Resep en foto’s: Stefaans Blaauw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page