NADIA SE HOENDERSOP
Hierdie is sommer net iets wat ek self aanmekaar geslaan het. Geen resep gevolg.
- 6 stukkies hoender
- 1 pakkie hoendersop
- 1 liter water
- 4 aartappels
- 4 wortels
- 1 prei (leek)
- 200 ml room
- 1 eetlepel mosterd (ek het Franse mosterd gebruik)
- sout en peper na smaak
Geur die hoender met ‘n spesery (eie keuse) en bak vooraf in die oond.
Sny wortels, aartappels en prei op en braai in die mosterd en hoendervet van die gebakte hoender tot groente glasig begin lyk. Voeg dan die ontbeende hoender by.
Giet die water en hoendersop by. Laat dit begin kook. Geur soos verkies. Kook tot groente lekker sag is. Haal van die hitte af en voeg die room by.
Nota:
Ek het ‘n paar lepels smelt kaas ook ingegooi, opsioneel.
En sommer ook leftover baked beans en macaroni.
Ek maak die sop basis gewoonlik myself, maar ek hou van die pakkie hoendersop ook want dit gee lekker smaak.
So pot hou ons 3 dae en dit bly nog reg met room en al as jy dit in die yskas bere.
Resep en foto: Nadia Thölix