NACHOS MET MAALVLEIS
Njamm!
- 1 groot ui, gekap
- 2 huisies gekapte knoffel of na smaak
- 500 g beesmaalvleis
- 1 eetlepel koljandersade
- 1 teelepel komynsade
- 2 gekapte brandrissies
- 2 gekapte vars tamaties
- 2 eetlepels tamatiepasta
- 2 teelepels suiker
- 2 eetlepels asyn
- ¼ koppie kookwater met blokkie beesekstrak daarin opgelos
- sout en peper na smaak
- 2 pakke mielieskyfies (Nachos – ek hou van die big corn bites)
- 2 koppies gerasperde cheddarkaas
- 3 Salsas:
- 2 gekapte tamaties met teelepel suiker, teelepel asyn, aromat en peper
- avokadoblokkies met suurlemoensap, sout en peper oor
- halfgeklopte room met knippie rooipeper of paprika
Braai ui, knoffel, maalvleis, koljander, komyn en rissies saam tot dit mooi verbruin.
Voeg tamaties, tamatiepasta en ekstrak by en roer tot tamaties deurgekook het.
Geur met sout en peper.
Prut tot verdik.
Strooi mielieskyfies in gesmeerde oondpan.
Versprei vleismengsel oor die mielieskyfies en strooi laastens kaas oor.
Bak in voorafverhitte oond teen 230 °C tot kaas gesmelt het vir ± 20 minute.
Sit voor met die verskillende salsas.
Resep en foto: Stef Conradie