NAARTJIESKYFIES IN GIN
Lekker saam roomys of kaasbord.
- naartjie skyfies
- strooisuiker
- Gin
Prik naartjie skyfies met ‘n naald.
Pak ‘n laag skyfies in ‘n bottel en strooi 1 eetlepel strooisuiker oor die laag.
Herhaal tot die bottel vol is.
Giet Gin oor tot botteltjie amper vol is.
Seël en laat staan vir ‘n week of drie.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman