Your Recipe Blog

NAARTJIEKOEK MET NAARTJIES IN STROOP

Recipe by
Cook: Koek: 20 - 30 minute

NAARTJIEKOEK MET NAARTJIES IN STROOP

“Ek het net die lemoenstroop vervang met naartjiestroop. Dit was hemels.”

  • Koekbasis:
  • 3 eiers, geklits
  • 1 koppie suiker
  • 1½ koppie koekmeel
  • 1½ teelepels bakpoeier
  • 180 ml melk
  • knippie sout
  • 45 ml ( 3 eetlepels) kunsbotter
  • Koekstroop:
  • 1½ koppies suiker
  • 1 koppie water
  • 45 ml (3 eetlepels) kunsbotter
  • 1 koppie naartjiesap
  • 45 ml (3 eetlepels) stukkies naartjieskil (kan lemoen ook gebruik as jy wil)
  • Naartjies in stroop:
  • 2 liter water
  • 2 kg suiker
  • 2 kg naartjies, gehalveer (met skille aan)
  • 1 vanilla pod (ek het sommer bietjie vanilla geursel gebruik)
  • sap van 1 suurlemoen

Koekbasis:
Voeg die suiker by die eiers en klits die mengsel goed saam tot romerig.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng dit met die eiermengsel.
Kook die melk en die kunsbotter saam en roer dit in die meelmengsel in.
Bak die koekmengsel in ‘n gesmeerde bakpan vir 20 –  30 minute by 180 °C.
Laat die koek afkoel, prik dit en skep die koekstroop oor.
(Ek het die sous dadelik oor die warm koek geskep –  my mening is dat die sous dan beter intrek).

Koekstroop:
Kook alles saam vir vyf minute en skep die stroop oor die warm koek.

Naartjies in stroop:
Prut die water, suiker, suurlemoen en vanilla saam vir 10 minute.
Plaas die naartjies in die stroop en kook alles op lae hitte vir ongeveer 45 minute of tot die skille van die naartjies deurskynend is.
Bedien dit saam met die koek en bottel die res warm, seël en laat dit afkoel.

Resep en foto: Sonya Van Der Schyff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page