Your Recipe Blog

NAAN VETKOEKIES

NAAN VETKOEKIES

  • 3 koppies bruismeel
  • 2 koppies gewone, ongegeurde jogurt
  • ½ teelepel sout
  • ‘n groot oppervlak met genoeg olie gesmeer
  • kookolie vir diep braai

Plaas pot halfpad gevul met kookolie op stoofplaat op medium tot hoë hitte.
Meng al die bestanddele saam met ‘n lepel en knie liggies tot goed gemeng – degie voel klewerig; so smeer jou hande op oliebesmeerde oppervlak en breek helfte van deeg af.
Rol in ‘n langwerpige vorm en sny in lengte deur; so jy het nou twee lengtes. Draai deeg op die kante wat gesny is en sny puntjies af om ‘n mooi vorm te kry. Die puntjies gebruik ek om te toets of my olie warm genoeg is – dit moet onmiddelik braai as jy dit in olie plaas. Sny elke lengte in vier gelyke dele en druk plat.
Doen so met ander helfte van deeg. My potjie bak vier op ‘n slag.
Moenie meel gebruik om jou deeg uit te rol nie – dit gaan die olie los met ‘n swart afsaksel. Bak aan beide kante tot goudbruin. Plaas in ‘n bak met ‘n rakkie of uitgevoer met handdoekpapier.
Vul so vir twee minute voor bedien met kerrie of vulsel van jou keuse.

Resep en fotos: Kitty Potgieter.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page