Your Recipe Blog

MURGPAMPOENTJIES MET ROOM (COURGETTE)

MURGPAMPOENTJIES MET ROOM (COURGETTE)

Ek het die afgelope paar weke nuwe disse probeer. Van Meksikaanse oorsprong. Het ‘n lieflike eksotiese smaak. Kan lank voor die tyd gemaak word. Selfs beter om dit die volgende dag te verhit.

  • 750 g murgpampoentjies, in blokkies gesny
  • 350 g tamaties, in blokkies gesny
  • 6 peperkorrels
  • 4 takkies vars koljander, gesnipper
  • 2 takkies kruisement
  • 1 cm stuk kaneelstokkie
  • 4 heel naeltjies
  • 2 klein groen rissies
  • 125 ml room
  • sout na smaak

Voeg al die bestanddele in ‘n pot met ‘n deksel wat styf pas. Kook oor ‘n lae hitte vir 30 minute (of langer indien nodig) tot die murgpampoentjies sag is en al die room/sous geabsorbeer het. Roer gereeld.
As dit te vinnig droog kook kan nog ‘n bietjie water bygevoeg word.
Die rissies moet verkieslik heel bly en slegs die dis geur aangesien dit nie ‘n dis is wat moet brand nie.

Resep geplaas deur Wayne Dugmore
Foto: Wayne Dugmore

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page