MURGPAMPOENTJIE SOUTTERT
Baie lekker ligte souttert.
- Meng hierdie vier saam:
- 6 eiers
- 500 g gerasperde murgpampoentjie
- 250 g geskilde gerasperde patat
- een bossie spriet uie, in ringe gesny
- Sit die volgende by behalwe die tamatie:
- 200 g gerasperde Cheddar kaas
- 40 g gerapserde Parmesaan kaas
- 100 ml sonneblom olie
- 5 ml gemengde kruie
- sout en pepper
- 250 g kersie tamaties, in helfte gesny
Meng goed deur.
Skep in gesmeerde tertbak.
Rangskik tamaties sodat elke snytjie ‘n stukkie tamatie het.
Bak 40 min in voorverhitte oond van 180ºC.
Laat afkoel, sny in blokkies en geniet.
Nota:
Myne gisteraand as bykos met braaivleis bedien.
Foto: Ivanda Venter