Your Recipe Blog

MURGPAMPOENTJIE SOP SONDER AARTAPPELS

MURGPAMPOENTJIE SOP SONDER AARTAPPELS

  • 2 groot uie, gekerf
  • 2 – 3 knoffelhuisies
  • 8 pakkies murgpampoentjies
  • hoenderaftreksel (genoeg om al jou bestanddele te bedek)
  • sout en peper na smaak
  • room na smaak
  • kaas

Braai opgesnyde uie en knoffel saam in diep pot.
Was en sny murgpampoentjies in wiele, voeg in by die uie en knoffelmengsel.
Bedek al die bestanddele met hoenderaftreksel en laat prut tot murgpampoentjies sag is.
Voeg sout en peper by na smaak.
Maak mengsel fyn.
Voeg room by die sop en roer goed deur.
Skep in bakkies en dien op met gekrummelde kaas.

Nota: Mariette Kellermann
Ek het gister hierdie sop gemaak maar ek het spek bygesit… vanoggend van die gevriesdes uitgehaal en was nog net so heerlik.

Resep: Leonie Kellermann
Foto: Jorina Claassen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page