MURGPAMPOENTJIE MUFFINS
- 1 koppie bruismeel
- ½ koppie olie
- 1 teelepel sout
- 5 eiers
- 1 bakkie murgpampoentjies, gerasper (300 g)
- 1 ui, fyn gesny
- 1 blik roomsoort mielies
- 1 koppie Cheddar kaas
Braai ui in bietjie olie, voeg murgpampoentjie by en braai liggies.
Meng res van die bestanddele by en skep beslag in muffinpan.
Bak 45 min by 180°C.
Foto en resep: Andri du Toit
Category: