MURGPAMPOENTJIE GROENTEGEBAK
- 5 eiers, geklits
- 125 ml olie
- 250 ml bruismeel
- 1 gekapte ui
- gesnipperde spek
- 1 koppie gerasperde kaas
- 1 blik room suikermielies
- sout en peper
- 375 g gerasperde murgpampoentjies
Klits die eiers en olie saam.
Sif die bruismeel, sout en peper by en meng deeglik.
Voeg die res van die bestanddele by.
Maak of in cupcake maker, of plaas in gesmeerde oondskottel / muffin pannetjies en bak 45 min by 180ºC.
Baie lekker as ‘n braai bykos.
Resep: Gillian Logan Bredenhann
Foto: Wilma Dorfling