MURGPAMPOENKONFYT
- 1 murgpampoen
- 2 suurlemoene
- suiker
- paar stukkies gemmer
Skil murgpampoen dun af. Verwyder pitte en dun vliesie.
Sny pampoen in netjies vierkantige stukkies en weeg dit.
Kook in bietjie water net tot sag nie pap.
Dreineer stukkies en sit in ‘n konfyt kastrol.
Voeg die gerasperde skil en sap van 2 suurlemoene by vir elke 1.5 kg pampoen stukkies.
Bind gemmer in lappie toe en sit eenkant.
Weeg dieselfde hoeveelheid suiker as die pampoenblokkies.
Skep die suiker oor die pampoenblokkies en laat 24 uur in koel plek staan. Roer goed deur.
Wanneer gereed om te kook. Sit die gemmer by die stukkies in die pot.
Verhit pampoenstukkies in die stroop wat gevorm het stadig, maak seker al die suiker is opgelos.
Verhoog hitte en kook tot stukkies deurskynend is. Verwyder gemmer en bottel warm.
Resep en foto: Elmarie de Bruyn