Your Recipe Blog

MUFFIN BêREMENGSEL

Cook: 15 - 20 minute

MUFFIN BêREMENGSEL

  • 10 koppies koekmeel
  • 3 ¾ koppies suiker
  • 3 ½ eetlepels bakpoeier
  • 2 ½ teelepels sout

Meng die bogenoemde bestanddele goed deur en bêre in ‘n houer wat goed seël.

  • Vir 12 muffins:
  • 1 koppie melk
  • 1 eier, geklits
  • ½ koppie gesmelte botter
  • 2 ¾ koppie bêremengsel
  • 1 eetlepel vanilla geursel, opsioneel

Meng die bestanddele in ‘n mengbak tot ‘n muffinbeslag vorm.
Skep die beslag in voorbereide muffinpanne en bak in ‘n voorverhitte oond op 180ºC vir 15 tot 20 min.

Nota:
Ek het my eie aarbeikonfyt gemaak en konfyt in die muffinbeslag gemeng en ook bietjie in die muffin gespuit na dit gebak is.

  • AARBEIKONFYT
  • 200 g aarbeie, in stukke gesny
  • ¾ koppie suiker
  • 2 eetlepels water

Voeg die bestanddele in ‘n potjie op die stoof en bring stadig tot kookpunt, maak seker die suiker is opgelos voor kookpunt bereik word.
Kook die mengsel tot die aarbeie sag, die water verdamp het en die mengsel dik is.

Resep en foto: Debbie Willemse

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page