MUESLI STAFIES
- 625 ml muesli van jou keuse
- 125 ml rooi glanskersies, grof gekap
- 100 g gemaalde amandels
- 375 ml Rice Krispies
- 250 ml klapper
- 1 x 397 g blik kondensmelk
- 100 g botter
Meng die muesli, kersies, amandels, Rice Krispies en klapper goed.
Smelt die kondensmelk en botter saam tot glad oor baie lae hitte, wees versigtig, kondensmelk brand maklik aan en voeg by die droë bestanddele.
Roer goed tot deeglik gemeng.
Keer uit in ’n gesmeerde pan van sowat 20 x 25 cm en druk goed vas.
Maak seker die mengsel is egalig.
Verkoel tot stewig en sny in vingers.
Bêre in ’n lugdigte houer in die yskas.
WENK:
Ek het vanoggend die stafies vir so 20 minute in die oond gesit, ek wil kyk of hy nie beter set as hy so bietjie gebak het nie.
Hy set wel as hy in die yskas was maar ek sal daarvan hou as hy meer stewig is.
Resep en foto: Magda van Wyk