MUESLI GESONDHEIDSBESKUIT
- 6 koppies bruismeel
- 4 koppies WW Cranberry Muesli Mix
- 1 ½ koppies Demerera suiker (kan minder gebruik as dit te soet is)
- 2 teelepel sout
- 1 teelepel bakpoeier
- 500 g margarien, gesmelt
- 2 koppies karringmelk
- 200 ml olie
- ½ koppie rosyntjies, pitloos
Meng al die droë bestanddele goed.
Voeg die res van die bestanddele by en meng.
Druk in beskuitpan (ek het pan gespuit met olie).
Bak (± 1 uur) of tot mespunt skoon uitkom (180º C).
Koel af voor sny of breek om te droog.
Droog in oond (70º C) vir ± 4 ure.
Resep en foto: Amanda Conradie en Elize de Kock