MUESLI BESKUIT MET KARRINGMELK / ASYN EN MELK
- 1 kg bruismeel
- 1 kg muesli
- 500 g botter / margarien
- 340 g suiker (ek gebruik bruin)
- 500 ml karringmelk (of 500 ml melk met 25 ml asyn)
- 2 eiers
- 15 ml bakpoeier
- 10 ml sout
Meng droë bestanddele.
Smelt botter / margarien.
Voeg dan karringmelk en eiers daarby die botter.
Meng goed met droë bestanddele.
Druk vas in pan, ek gebruik beskuitpan met snyer maar gewone pan sal ook werk, sny die beskuit voor jy bak.
Bak 30 minute by 180 °C. (ek bak myne 60 minute + 30 minute ekstra hang af van tipe oond).
Haal uit laat die oond, sny weer deur die beskuit en laat afkoel. Pak op oondrakke om te droog.
Droog oornag in ‘n koel oond. (Ek droog uit teen 70°C met waaier funksie en sit iets in die oond deur om te keer dat hy heeltemal toegaan).
Nota:
Indien jy nie karringmelk het nie, gebruik (500 ml melk + 25 ml asyn) meng en laat staan vir 10 minute (kamertemperatuur).
Recipe and photo: Meisie Fuchs