MUESLI BESKUIT MET KARRINGMELK / ASYN EN MELK
Recipe and photo: Meisie Fuchs
- 1 kg bruismeel
- 1 kg muesli
- 500 g botter / margarien
- 340 g suiker (ek gebruik bruin)
- 500 ml karringmelk (of 500 ml melk met 25 ml asyn)
- 2 eiers
- 15 ml bakpoeier
- 10 ml sout
- Meng droë bestanddele.
- Smelt botter / margarien.
- Voeg die karringmelk en eiers by die botter.
- Meng goed met droë bestanddele.
- Druk vas in pan, ek gebruik beskuitpan met snyer maar gewone pan sal ook werk, sny die beskuit voor jy bak.
- Bak 30 minute by 180 °C. (ek bak myne 60 minute + 30 minute ekstra hang af van tipe oond).
- Haal uit laat die oond, sny weer deur die beskuit en laat afkoel. Pak op oondrakke om te droog.
- Droog oornag in ‘n koel oond. (Ek droog uit teen 70°C met waaier funksie en sit iets in die oond deur om te keer dat hy heeltemal toegaan).
- Nota: Indien jy nie karringmelk het nie, gebruik (500 ml melk + 25 ml asyn) meng en laat staan vir 10 minute (kamertemperatuur).
Category:


