MOZZARELLA KAASBOLLETJIES
Vinnig, maklik en heerlik, probeer hom gerus
- 1 koppie gerasperde Mozzarella kaas
- 1 koppie koekmeel
- 2 – 3 eiers
- Aromat na smaak
- gekapte pietersielie na smaak
- broodkrummels
- kookolie
Meng die kaas, meel, eiers en geurmiddel saam tot ‘n deeg wat mens bolletjies kan rol, maar nie te slap nie.
Rol die kaasbolletjies in broodkrummels en pak op ‘n bord. Plaas in die yskas vir ongeveer 20 minute.
Verhit die olie en braai die bolletjies daarin tot ‘n mooi goud bruin kleur.
Pak op kombuispapier wanneer jy hulle uit die olie haal sodat die oortollige olie kan dreineer en sprinkel met Aromat.
Geniet net so as vingerhappie of saam met ‘n doopsous.
Resep en foto: May Cronje