MOUSSE VERSIERSEL
Resep en foto: Michelle Labuschagne
- 500 ml gekoopte vanilla “mousse” mengsel
- 600 ml koue water
- 400 ml vars room
Plaas koue water en room in ‘n mengbak.
Sit die mousse mengsel by en klits stadig vir 1 minute.
Klits dan vir 5 minute op vinnig.
Gebruik om enige koeke of cupcakes mee te versier na smaak.
Nota:
As jy voel die versiersel is bietjie te styf, voeg net paar druppels water by.
Jy kan enige kleursel bysit, gel voedsel kleursel werk die beste.













