Your Recipe Blog

MOSTERDRING

MOSTERDRING

  • 4 eiers
  • 250 ml water
  • 125 ml asyn
  • 150 g wit suiker
  • 15 ml gelatien
  • 15 ml mosterdpoeier
  • 2 ml borrie
  • 1 ml sout
  • 250 ml room

Klits die eiers in die boonste deel van’n dubbele kastrol.   Klits die water en asyn by die eiers.   Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel.
Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mensel effens dik is.
Nota:
(sorg dat jou boonste pot nie aan die kookwater raak nie dan sal jou eier skif)
Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel vorm nie.
Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in.
Giet in dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei bespuit is of met koue water uitgespoel is, plaas in yskas om te stol.
Ontvorm die ring op ‘n mooi slaaibord en vul en garneer dit soos verkies dit is baie lekker.

Resep geplaas deur Philip Theron Snr
Foto:  Leanne Thurston Coetzer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page