MOSTERDHOENDER
- 1 tot 1.5 kg hoenderporsies
- Sous:
- 125 ml suiker
- 50 ml droë mosterdpoeier
- 50 ml koekmeel
- 125 ml druiweasyn
- 200 ml mayonnaise
- 250 ml kookwater
- sout en peper na smaak
Voorverhit die oond tot 180 ºC, en spuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Geur hoenderporsies met sout en peper en pak die porsies in die voorbereide bak.
Meng die droë bestanddele vir die sous en klits asyn, mayonnaise en kookwater by.
Giet oor die hoenderporsies en bak vir 60 minute tot hoender sag en gaar is.
Resep en foto’s: Amanda Austen