Your Recipe Blog

MOSTERD (MA-RINA)

MOSTERD (MA-RINA)

Ek het vandag hierdie mosterd gemaak. Ek het die resep 35 jaar terug by my skoonma, Ma-Rina gekry. Sy en haar vriendin het baie spyseniering in Rustenburg gedoen. Dit bly ‘n treffer.

  • 12 eiergele
  • 3 koppies suiker
  • 1 koppie mosterd (Ek sif eers die mosterd)
  • 1 koppie asyn
  • 1 koppie water
  • 1 eetlepel sout

Skei die eiergele (die geheim is dat daar geen wit saam moet wees nie).
Klits die eiergele en water saam.
Meng die suiker, mosterd en sout saam.
Gooi asyn by suiker mengsel.
Gooi laaste die eiermengsel by.
Kook oor lae hitte totdat dit begin dik word, roer aanhoudend.
Bottel en bewaar in die yskas.

Resep: Rina Erasmus en Louise Smit
2de foto: Elna Erasmus
Foto: Ansune Erasmus

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page