Your Recipe Blog

MOSTERD HOENDERPORSIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minute

MOSTERD HOENDERPORSIES

My man is baie lief vir hoenderborsies en vandag het ek die resep probeer en hy het dit baie geniet. Die borsies is glad nie droog nie, maar mens kan enige hoenderporsies gebruik vir die resep en dink dye sal heerlik wees, want hier was nie eers ‘n velletjie wat kon bruin braai nie.

  • 6 – 8 hoenderporsies
  • ½ koppie Dijon mosterd
  • 1 teelepel heel korrelmosterd
  • ¼ koppie heuning of stroop
  • 1 eetlepel appel asyn of rys wyn asyn
  • sout, vars gemaalde swart peper en hoender speserye
  • vars roosmaryn om mee te bedien, indien verkies

Verhit die oond tot 200 ºC.
Pak die hoender in ‘n oond bak en sprinkel sout, peper en spesery oor na smaak altwee kante.
Meng die heuning, mosterd en asyn en giet oor die porsies.
Sit in die oond vir 45 min, draai om en skep weer sous oor, bak tot hoender net gaar en bruin is.
As jy borsies gebruik, moenie te lank bak nie, dan gaan dit droog wees.
Bedien saam met kapokaartappels en slaai, skep van die pansous oor die hoender.
Sit bietjie vars roosmaryn oor vir garnering maar dit is ook heerlik saam met die mosterdsous.

Foto en resep: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page