Your Recipe Blog

MOSTERD GROENBOONTJIES

MOSTERD GROENBOONTJIES

Vroulief het vanoggend gou die mosterd boontjies gemaak en glo my dis heeeerlik.

  • 1 kg gekerfde groenboontjies
  • ½ koppie droë mosterd
  • 3 koppie suiker
  • 1 eetlepel vars knoffel
  • 1 teelepel borrie
  • 1 eetlepel hoogvol Maizena
  • 2 koppies witasyn

Kook die bone tot sag en dreineer vir omtrent 20 min.
Meng die droë bestanddele en voeg die asyn by.
Voeg die mengsel by die bone en kook goed deur.
Roer aanhoudend en bottel dadelik in gesteriliseerde flesse.

Nota:
Ons gebruik klein flessies dan word dit sommer op een slag opgeëet.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page