Your Recipe Blog

MOSTERD EN SPESERYNEUTE

Cook: 20 - 25 minute | Servings: 4

MOSTERD EN SPESERYNEUTE

My liefde vir neute het my vanmiddag verplig om hierdie resep te probeer. Dit het heerlik gekom en behoort lekker saam met ‘n sonondertjie af te gaan of as ‘n laataand snoephappie te deug. Hoewel ek die onderstaande soorte neute gebruik het, is dit slegs ‘n riglyn en kan die neute tot jou beskikking of na jou smaak, gebruik word.

  • 1 koppie pekanneuthelftes
  • 1 koppie rou ongesoute amandels
  • 1 koppie rou kasjoeneute
  • 1 koppie makadamiahelftes, uitgedop
  • 1 eetlepel ekstra suiwer olyfolie
  • 1 eetlepel Dijon mosterd
  • 2 eetlepels opgehoopte bruinsuiker
  • 1 eetlepel droë mosterd
  • 1½ teelepel gemaalde koljander
  • 1 teelepel sout
  • ½ teelepel rooipeper of 1 teelepel rissievlokkies
  • ¼ teelepel varsgemaalde swartpeper

Meng die pekanneute, amandels, kasjoeneute, makadamias, olie en dijonmosterd saam tot die neute deeglik bedek is. Meng die bruinsuiker, droë mosterd, koljander, sout, rooi- en swartpeper deeglik in ‘n aparte bak. Strooi dié mengsel oor die neutemengsel en roer deeglik om tot alles deurgemeng is.
Plaas die mengsel op ‘n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is, versprei sodat so egalig as moontlik en bak teen 150 ºC tot dit geurig en liggerooster is.
Dit duur ongeveer 20 tot 25 minute.
Indien jy die neute vooraf wil gaarmaak, kan dit tot ‘n week vooruit gemaak en in ‘n lugdigte houer gebêre word.

Resep en foto: Elma Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page