Your Recipe Blog

MOSSELSSOP OF PASTASOUS

Recipe by
| Servings: 4 porsies

MOSSELSSOP OF PASTASOUS

Ek het die resep gehalveer, dan steeds meer as genoeg vir twee mense.”

  • 400 g mossels
  • 50 g botter
  • 2 uie, fyn gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 100 ml droë witwyn
  • 20 ml suurlemoen sap
  • 20 ml pietersielie
  • 800 ml melk
  • 1 blokkie hoenderekstrak, opgelos in ongeveer 100ml kookwater
  • 200 ml room
  • 40 ml Maizena
  • sout en peper, na smaak

Braai die ui en die knoffel.
Voeg die  suurlemoensap, wyn en speserye by.
Los die maizena in ‘n bietjie melk op en voeg by die mengsel saam met die res van die melk.
Verhit tot kookpunt.
Voeg opgeloste hoenderekstrak by en kook net deur.
Voeg die mossels by.
Prut tot die sous begin verdik.
Voeg die room laaste by en roer deur.
Bedien as ‘n sop of kook die sous tot effens dikker en bedien saam met pasta.

Resep en foto: Sanet Potgieter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5