Your Recipe Blog

MOSSELS EN SPAGHETTI

MOSSELS EN SPAGHETTI

  • 250 g spaghetti, linguine of tagliatelle
  • 60 ml botter
  • 30 ml olyfolie
  • 2 knoffeltoontjies, gepars
  • 2 tamaties, in blokkies opgesny
  • 1 groen brandrissie
  • paar sprietuie, opgesny
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 5 ml droë basilliekruid
  • 125 ml witwyn (chenin of sauvignon)
  • 800 g gaar mossels in die skulp
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 15 ml suurlemoensap
  • gesnipperde pietersielie

Verhit ‘n bietjie water met sout in ‘n groot genoeg pot op die stoof tot kookpunt.
Plaas die mossels in die water en kook die mossels in die soutwater totdat die mossels oopgaan.
Verwyder die mossels uit die warm pot, verwyder die mossels wat nie oop gemaak het nie, en plaas in vullisdrom.
Hou die mossels wat wel gebruik kan word eenkant.
Kook die pasta in soutwater vir ongeveer 6 – 8 minute, dreineer en plaas die pasta in yswater.
Smelt die botter en olie in ‘n diep pan, voeg die tamaties, knoffel en rissie by en braai saam.
Geur met die basilliekruid, sout en peper.
Voeg die wyn by die tamatiemengsel en verhit tot kookpunt.
Voeg die mossels, suurlemoensap en skil by die tamatiemengsel en verhit tot warm.
Dreineer die pasta en voeg dit by die mossels en meng dit deur.
Verhit die pasta, mossels en sous vir ongeveer ‘n minuut of twee tot pasta al dente is.
Skep die mosselsgereg in ‘n opdienbak en garneer met gesnipperde pietersielie en suurlemoenwiggies.

Resep en foto: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page